Sinopsis

Drama

Na sestien jaar as predikant van die Moedergemeente word Tienie Benade gekonfronteer met ’n geweldige daling in getalle en ’n moderne gemeenskap wat by die dag verander.   Is daar nog ’n plek in hierdie wêreld vir predikante òf die kerk? Hy probeer sy bes om aan te pas en sin te maak van die veranderings maar in die proses vervreem hy sy vrou en kinders.  Na ’n insident met ’n sterwende boemelaar bevind Tienie homself by ’n kruispad.   Sal hy sy selfvertroue en die liefde van sy gesin kan terug wen en sal hy dapper genoeg wees om sy gemeente in ’n nuwe era in te lei? Gegrond op die toneelstuk deur Dana Snyman.

@DsTienie
#Ds.TienieFilm