Sinopsis

1h 32min | Comedy, Family, Romance | IMDB 6.8/10

Hollywood in my Huis is ’n romantiese komedie oor volwassewording, wat hom teen die agtergrond van ’n matriekafskeid in 2004 in Suid-Afrika afspeel.

Die storie fokus op ’n gewone tienermeisie – Jana van Tonder – wat in ’n arm spoorwegbuurt saam met haar disfunksionele ouers woon. Toe sy egter op televisie sien hoe Charlize Theron haar ikoniese Oscar-beeldjie wen, inspireer dit Jana om haar matrieksafskeid wat voor die deur lê in haar eie Hollywood-rooitapyt oomblik te omskep.

Ondertussen verbreek Brandon, die skool se tenniskampioen, sy verhouding met Angelique, die skool se gewildste meisie. Jana is in die geheim op Brandon verlief, maar net toe sy genoeg moed bymekaar skraap om vir Brandon na die matriekafskeid te vra, verklaar haar beste vriend en buurseun, Frikkie, sy ware liefde aan haar.

Die matriekafskeid vind oor net meer as ’n maand plaas en met die leiding van haar ouers en Suzy, haar towertante (fairy godmother), kom Jana voor die moeilike keuse te staan om tussen haar beste vriend en haar droomou te moet kies.

Order form for the Hollywood in my Huis/strong> DVD

Fill out the form below to place your order and we will contact you within 3 working days for payment and shipping details.