Sinopsis

1h18m | Animation, Adventure, Comedy | IMDB 6.3/10

Die Sneeukoningin is gebaseer op die oorspronklike, klassieke feëverhaal deur Hans Christian Andersen, wat in 1845 vir die eerste keer gepubliseer is. Die storie handel oor ’n dogtertjie en seuntjie, Gerda en haar broer Kai, wat stryd aansê tussen goed en kwaad.

Die Sneeukoningin, wat graag ’n nuwe wêreld wil skep waar dit altyd winter is en waar die ysige Poolse winde die mense se siele afkoel en die skoon, koue lyne van die winterlandskap mense se emosies onderdruk, het die wêreld met ys bedek en beplan nou om alle kuns te vernietig.

Maar ’n towerspieël het voorspel dat die meesterglasmaker Vegard, wie se spieëls nie net mense se voorkoms nie, maar ook hulle siele weerspieël, die Sneeukoningin en haar koninkryk bedreig. Op ’n dag waai die Poolse winde vir Vergard en sy vrou Una weg, maar hulle slaag daarin om hulle dogtertjie Gerda en babaseuntjie Kai weg te steek.

Kort daarna ontdek een van die Sneeukoningin se bediendes vir Kai en sy glo vas dat hy Vegard se opvolger is.

Nadat Kai deur die Sneeukoningin ontvoer en in haar paleis opgesluit is, vertrek Gerda op ’n reis deur die ysige wonderland, vergesel van Luta, haar troetelfret en Orm, die trol. Gerda kom voor ’n hele paar moeilike struikelblokke te staan en maak nuwe vriende in haar poging om Kai te bevry, maar sy sal die Sneeukoningin moet verslaan en die harte van mense orals moet verower om die wêreld te red.

Die pragtige tonele, klassieke verhaal en wonderlike, hoë gehalte animasie van die Russiese animasiemaatskappy, Wizart, sorg dat hierdie ’n klassieke avontuurrolprent is wat ’n internasionale gehoor sal bekoor.

Die Sneeukoningin word in Suid-Afrika deur Indigenous Film Distribution vrygestel.

Buyi returns from KwaZulu-Natal feeling deflated about her love life. Where the hell is a heavier set, black woman going to find a man in South Africa? Desperate, Buyi reluctantly allows her sexy, best friend, LINDI (36), to help find her a man from her exclusive “man market”.

Between questionable concoctions, a quirky magician with a cat obsession and a sex addict that can’t get enough of a big butt, Buyi quickly loses hope of finding he match. Meanwhile, GREG, an old schoolmate from Buyi’s past, who is in love with her, comes to town with the aim of making Buyi a star comedian as her manager. But, Buyi’s on a mission to find a man, besides … she’s not funny! Inappropriate yes, but not funny … or is she?
A hilariously, heart-warming story of acceptance and hope; LOOKING FOR LOVE follows one woman’s journey to learning that the path to finding Mr Right starts with finding herself first.