Sinopsis

Drama | IMDB 7.4/10

Verskietende Ster vertel die storie van die musikale wonderkind, Phillip Schuman. Hierdie talentvolle 15-jarige pianis se gawe word egter oorskadu deur die seer van ‘n stukkende wêreld
vlerk, maar besef gou dat alles nie so glad gaan verloop as wat hy gedink het nie.

Maria Schuman, Phillip se pragtige en diepgelowige ma, sterf aan kanker wat vir Phillip en Tomas met baie seer agterlos. Tomas sukkel om die dood van sy beeldskone vrou te verwerk en begin vir Phillip verbied om ooit weer aan ’n klavier te raak. Die verhaal wat hierna vol en geleidelik ontplooi, is ’n ware lewensdrama oor ’n verhouding vol konflik tussen ’n seun en sy pa.
Met dié konflik tussen Phillip en sy pa, ‘n skoolboelie wat met ‘n ysterhand regeer, ‘n besorgde vakadviseur wat wil ondersteun en die mooiste meisie by die skool wat sy hart kom steel, borrel alles op tot ‘n uiteindelike ontploffing wat die hulp van ‘n maatskaplike werker verlang.

Dorothy Smit, die skool se maatskaplike werker, word gevra om met die seun oor die verlies van sy ma, sy skoolpunte, sy vriende en sy liefde vir musiek te praat. Tydens hierdie gesprek beskryf Phillip van die enkele kere wat Tomas hom by die klavier betrap het, ten spyte daarvan dat die klavier gesluit was. Dit is wanneer Phillip sy geheime afrigting deur Max du Toit met haar deel wanneer die storie ‘n nuwe wending aanneem.

Tomas verloor uiteindelik heeltemal beheer en rand vir Philip met ’n krieketkolf aan totdat alles stil raak. Tomas se verlede word ontbloot en hy onthul ’n skokkende feit wat hy vir baie jare reeds wegsteek. Phillip word gedwing om ’n keuse te maak: gaan hy sy pa vergewe of gaan hy in die verlede bly leef.

Verskietende Ster is nie net nog ’n rolprent wat ondersoek instel na die rede vir gebore talente nie, maar ’n besielende verhaal oor die krag van deernis en vergifnis. Dit is ’n ware vader-en-seun- verhaal wat die fliekgangers diep gaan raak.

Order form for the Verskietende Ster DVD

Fill out the form below to place your order and we will contact you within 3 working days for payment and shipping details.